File Transfer Protocol

Ikoon wat 'n FTP-aflaai op 'n webtuiste aandui.

File Transfer Protocol (afgekort FTP) is 'n protokol wat die uitruil van lêers tussen rekenaars vergemaklik. Dit standaardiseer 'n aantal aksies wat gewoonlik verskillend op verskillende bedryfstelsels uitgevoer word.

Die huidige weergawe is gedefinieer in RFC-nommer 959 (RFC 959). Aanvullings kan gevind word in RFC 2228, RFC 2640 en RFC 2773.

'n FTP-kliënt inisieer gewoonlik die konneksie na 'n FTP-bediener via die TCP-protokol op poort 21.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne